‘Skip van die dood’ gaan meer as 60 000 diere vervoer

Die Nasionale Raad van DBV’s in die buurland sê die Al Mawashi-maatskappy gaan nog ‘n besending lewende diere per see vervoer, met die vaartuig wat Dinsdag in Oos-Londen verwag word. Sowat 60 000 skaap, 1 500 bees en 200 bokke gaan vir die uitmergelende reis na Koeweit en Saoedi-Arabië gelaai word. Die uitvoerende direkteur van die raad, Marcelle Meredith, sê hulle bly gekant teen sulke wrede en onnodige vervoer van lewende diere.