Skietstilstand tydens Ramadan – Guterres

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, doen ʼn beroep op Israel en Hamas om die Islamitiese heilige maand van Ramadan te eerbiedig deur wapens neer te lê en alle struikelblokke om hulp te verleen uit die weg te ruim. Die hoop op ʼn skietstilstand van 40 dae teen die begin van Ramadan vervaag, maar bemiddelaars is vol vertroue ʼn ooreenkoms kan binnekort bereik word. Guterres sê die ongekende sterftes onder burgerlikes in Israel en Gaza is onaanvaarbaar en kan nie voortgaan nie: