Skietstilstand in Libanon blykbaar naby
‘n Skietstakingsooreenkoms tussen Israel en die Libanese militante groep Hezbollah is glo baie naby. Meer as 3 000 mense insluitend Hezbollah-leiers is sedert die toename in vyandelikhede in die middel van September in Israeliese aanvalle in Libanon dood. Hezbollah het sy aanvalle verskerp met onderhandelings wat Sondag voortgeduur het en meer as 250 missiele en hommeltuie is afgevuur wat verskeie mense beseer het. ‘n Sestig-dae-skietstakingsvoorstel wat deur Amerika gesteun word, word bespreek met die hoop dit kan die grondslag vorm van ‘n blywende skietstaking.