Skerp toename in aanvalle op Franse Jode
Frankryk se minister van Binnelandse Sake, Gerald Darmanin, sê die getal anti-Semitiese voorvalle het ontplof sedert Hamas se dodelike aanval teen Israel op die sewende van verlede maand. Frankryk het 1 040 anti-Semitiese voorvalle aangemeld en 486 mense is gearresteer. Die land se Joodse bevolking is na raming sowat 500 000 wat die grootste in Europa is en die derde grootste wêreldwyd naas Israel en Amerika. Die Europese Kommissie sê intussen dit was noodsaaklik om op te tree teen anti-Semitisme en ook teen die toename in haat teenoor Moslems wat onlangs waargeneem is.