Skeppers onthul Hello Kitty is toe nie ‘n kat nie

Na 50 jaar op die toneel en verkope verlede jaar alleen van meer as 90-miljard-rand, het die skeppers van Hello Kitty onthul sy is eintlik glad nie ‘n kat nie. Die Japanse maatskappy wat die ikoniese karakter geskep het, sê sy is eintlik ‘n dogtertjie. Sy woon in ‘n voorstad van Londen sonder naam, saam met haar ouers en tweelingsussie Mimmy. Sy het haar eie kat, en ‘n kêrel met die naam Daniel. Hello Kitty is in 1974 in Japan geskep en het haar eerste verskyning gemaak op ‘n kinderbeursie. Sy is nou een van die herkenbaarste karakters in die popkultuur.