Skenk nou bloed, veldtog vir Desember skop af

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het begin met sy veldtog vir bloedskenkings, veral met die oog op die Desember-vakansie wanneer bloedvoorrade uiters belangrik is. Die veldtog skop in beide Windhoek en Ongwediva af en die diens bied selfs vervoer aan. Titus Shivute, woordvoerder van die diens het die inligting.