Skenk môre bloed in die hoofstad

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië sal môre ‘n bloedskenk-kliniek in Windhoek vanaf agt-uur die oggend tot twee-uur die middag aanbied. Die diens doen ‘n beroep op alle kwalifiserende en gesonde skenkers om bloed te skenk om te help om lewens te red in ‘n tyd wanneer trauma-voorvalle toeneem. Bloedskenkings neem gewoonlik in die winter af as gevolg van seisoenale siektes soos griep of verkoue. Titus Shivute, woordvoerder van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…