Skenk jou liggaam vir navorsing, wetenskap aan Unam mediese skool
Die Unam Skool vir Geneeskunde doen ‘n beroep op Namibiërs om hul liggame vir mediese navorsing te skenk. Sedert 2011 maak die skool staat op kadawers van die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika weens ‘n gebrek aan plaaslike skenkings. Dr. Felicia Christians, mededekaan by die Skool vir Geneeskunde het vanoggend by die ope-dag by die skool met die media gepraat.