Skande oor USB, HCSB wat belê in Chinese vervaardigers wat ietermagô-dele gebruik

Internasionale nuusagentskappe berig drie gelyste Chinese medisyne-vervaardigers, waarin internasionale banke soos UBS en HSBC beleggings het, gebruik dele van bedreigde spesies in hul produkte. Die Londen-gebaseerde Environmental Investigation-agentskap het globale beleggers aangemoedig om hulle beleggings in die Beijing Tong Ren Tang-groep, Tganjin Pharmaceuticals en Jilin Aodong Pharmaceutical-groep te onttrek. Die drie is deel van 72 maatskappye wat liggaamsdele van luiperds en ietermagô’s gebruik.