Skamele 90 000 huise in 32 jaar gebou

Plaaslike media berig dat ‘n skamele 90 000 huise sedert onafhanklikheid in Namibië gebou is. Die aankondiging is by die Ekonomiese Vereniging van Namibië se behuisingskonferensie wat in die hoofstad gehou is, gemaak. Terwyl daar nie werklik amptelike statistieke is nie, sê die Namibiese Shackdwellers Association dat tot ‘n miljoen Namibiërs in sinkhuise in 113 informele nedersettings regoor die land woon. Kwessies van tekorte aan beskikbare stedelike grond, geld vir die diens van erwe en uiters duur konstruksie-kostes het onder die loep gekom.