Skakelbeamptes, regering moet beter kommunikeer 

Die sekretaris van die kabinet, George Simataa, het die werk van skakelbeamptes by openbare entiteite gekritiseer as onvoldoende, veral in die lig van die komende implementering van die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie is tans besig om skakel- en kommunikasiebeamptes voor te berei vir die wet se implementering by inligtingsuitruilsessies vir openbare entiteite in Opuwo. Simataa het by die sessies kommunikasie met die publiek as ‘n deurslaggewende aspek van beleidmaking en administrasie beklemtoon. Hy sê daar is ‘n groter behoefte vir regerings om gereeld met hul kiesers te kommunikeer oor hul beleide en programme. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Charmaine Ngatjiheue, ‘n joernalis en verteenwoordiger van die Namibië Media-vakbond, oor die stryd om inligting by openbare entiteite te kry.