Skade aan Gaza-infrastruktuur beloop N$350 miljard

Die Wêreldbank beraam die konflik in die Midde-Ooste het kritieke infrastruktuur in Gaza 350 miljard Namibiese dollar se skade berokken. Die streek loop deur onder aanvalle sedert Oktober verlede jaar, na Hamas se aanval op Israel. Israel spits sy aanvalle toe op Gaza, en glo Hamas-lede skuil daar. Die Wêreldbank berig die uitgebreide infrastruktuurskade in Gaza het ‘n aansienlike uitwerking op alle sektore van die ekonomie.