Skaakmeester kul blykbaar met selfoon

Die Roemeense skaakmeester, Kirill Shevchenko, is uit ‘n nasionale kompetisie geskors nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ‘n selfoon gebruik het terwyl hy speel. Shevchenko het aan die Spaanse Spankampioenskap in Melilla deelgeneem toe die beweerde kullery plaasgevind het. Hy was tydens die openingsrondes lang tye weg van die skaakbord en ‘n selfoon en notas is later in ‘n toilet gevind. Die Roemeense skaakfederasie sê hy wag vir bewyse voordat ‘n bevinding oor die bewerings gemaak word. Shevchenko het verlede jaar ‘n loopbaanbeste van nommer 39 op die wêreldranglys bereik.