Siya sal nie kans in VRK kry nie
SA Rugby het bevestig dat spelers in Europa, Brittanje en Ierland nie vir die Springbokke se eerste toets van die seisoen teen Wallis op Twickenham later vandeesmaand oorweeg sal word nie. Dit sluit in die Springbok-kaptein Siya Kolisi, wat vir die Franse klub Racing92 speel. Die span het vir die Top 14-uitspeelwedstryde gekwalifiseer, met die halfeindronde op dieselfde naweek as die Wallis-toets. Bulle-spelers sal ook nie oorweeg word nie weens hul betrokkenheid by die uitspeelwedstryde van die Verenigde Rugbykampioenskap.