Siya in afrigtershokkie in Bok-toets teen Pumas

Rugby: Siya Kolisi sal in die afrigterslokaal wees wanneer die Springbokke die Argentyne Saterdag in die Rugby-kampioenskap in Santiago pak terwyl hy herstel van ‘n gesigbesering. Salmaan Moerat gaan die span lei. Kolisi het in die tweede ontmoeting teen die All Blacks in Kaapstad met ‘n gebreekte neus gespeel na ‘n stamp teen Sam Cane in hulle eerste kragmeting op Ellispark, en sy operasie is uitgestel. Die afrigter Rassie Erasmus sê hulle wil Kolisi blootstelling gee aan wat in die afrigtershokkie aangaan.