Siya en Rachel gaan in liefde op hul eie paaie

Die Springbokkaptein Siya Kolisi en sy vrou Rachel het aangekondig dat hulle ná nege jaar besluit het om te skei. Hulle is in 2016 getroud en het twee kinders. In ‘n gesamentlike verklaring sê hulle die besluit is geneem uit liefde, respek en begrip dat dit die beste pad vorentoe vir beide van hulle is. Hulle sê hulle belowe om in die kinders se beste belang goeie vriende te bly en steeds saam te werk aan die Kolisi-stigting.