Siviele saak teen Dippenaar draai weer in die hof
Datums vir verklarings van getuies is vanoggend in die hoërhof bepaal in die saak waar Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2019 Jandre Dippenaar dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Petrie Theron van PD Theron & Associates verteenwoordig hom. Die saak sloer sedert 2017 met Dippenaar wat talle uitdagings met regsverteenwoordiging gehad het. Die saak sal weer op 11 Junie voorkom vir ‘n statusverhoor.