Siviele eise teen Nampol wek kommer

Die Namibiese polisie sê hy neem kennis van ‘n toenemende hoeveelheid siviele eise wat teen hom in die land se howe gebring word. Luidens die jongste berigte is daar sedert 2021, 262 siviele eise teen die mag ingedien. Die woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi het weer aan plaaslike media beklemtoon dat die mag nie enige oortollige geweld of oortreding van enige wette deur beamptes goedkeur nie. Die koste om die sake te litigeer en uitbetalings wanneer die mag verloor kom die staat duur te staan. Shikwambi sê dat opleiding deurlopend aan beamptes verskaf word. Sy voeg by dat hofsake ook nie altyd suksesvol is nie. Talle van die eise kom as gevolg van aksies tydens operasies waar die weermag en spesiale reserwemag betrokke is.