Siriese soldate sterf tydens aanval op militêre bus

Minstens 26 Siriese soldate is dood en tien is gewond in ‘n aanval op ‘n militêre bus in die ooste van die land. ‘n Aantal soldate word volgens berigte ook vermis. Die Islamitiese Staat-militantegroep het die gebied waar die aanval plaasgevind het, tot 2017 beheer, en kry die skuld vir die aanval. IS-lede het die afgelope weke hul aanvalle in die noorde en noordooste van Sirië verskerp. Vroeër vandeesweek is tien Siriese soldate en pro-regeringsvegters ook dood in ‘n aanval deur die militante-groep in die Raqa-provinsie.