Siriese amptenare in absentia in Parys verhoor

Drie senior Siriese amptenare sal vandag in absentia in ‘n hof in Parys teregstaan op klagtes van betrokkenheid by die verdwyning en die daaropvolgende dood van ‘n Frans-Siriese pa en sy seun. Dit is die eerste keer dat ‘n dienende Siriese amptenaar tereg sal staan vir beweerde oorlogsmisdade. Die saak handel oor die verdwyning en dood van Mazen Dabbagh en sy seun Patrick, wat in November 2013 deur Siriese Lugmag-intelligensie-agente in Sirië gearresteer is en later in aanhouding gesterf het.