Sirië veroordeel aanval op Iranse konsulaat

Sirië se ministerie van Buitelandse Sake het die dodelike aanval op die Iranse konsulaat in die hoofstad Damaskus veroordeel. Ses mense, insluitend ‘n senior-bevelvoerder van die Iranse Rewolusionêre Wag, is in die Israelse aanval dood. Die ministerie sê hy veroordeel ten sterkste dié dodelike terreuraanval op die gebou en die dood van verskeie onskuldige mense in die proses. Israel het die afgelope paar jaar honderde aanvalle op Iranse teikens in Sirië uitgevoer, maar het baie selde aanspreeklikheid aanvaar.