Sir Mark verbeter sy Tour de France rekord

Die Brit, Mark Cavendish, het die rekord verbeter met ʼn 35ste oorwinning by die Tour de France toe hy die vyfde skof in Saint-Vulbas gewen het. Die 39-jarige Cavendish wat sy uittrede uitgestel het om die rekord vir Tour de France-skofte te verbeter, het die rekord vir meeste skof-seges saam met die Belg, Merckx, gehou sedert hy in 2021 sy 34ste skof gewen het. Jasper Philipsen van België was tweede en Alexander Kristoff van Noorweë derde. Cavendish sê hy kan dit nie glo nie: