Sipho Pityana is afgedank as direkteur van Absa

Sipho Pityana is afgedank as direkteur van Absa en dis onmiddellik van krag. Die raad het Pityana gister ondervra oor bewerings dat hy sy werk as direkteur verwaarloos het en nie in Absa se beste belang opgetree het nie. Die bank het bevind sy najaag van persoonlike belange ten koste van Absa het volgehoue en onherstelbare konflik veroorsaak. Pityana neem volgens berigte die Omsigtigheidsowerheid hof toe oor bewerings dat hulle sy aanstelling as Absa-voorsitter gekeer het.