Sioniste Federasie vies vir anti-Semitiese standpunt van DIRCO
Die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie is hoogs ontsteld oor die démarche wat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking teen die Israeliese ambassadeur in Suid-Afirka uitgereik het. Die federasie sê die departement is uit voeling met die vrye wêreld en die Midde-Ooste se posisie teen die internasionale terroriste organissasie Hamas. ‘n Woordvoerder Rolene Marks, sê die departement het gekies om hom openlik met wat sy noem die anti-semitiese kultusbeweing te vereenselwig wat verantwoordelik is vir verkragting, moord en die ontvoering van honderde Israliese burgerlikes, insluitend vroue, kinders en bejaardes: