Sinner, Swiatek mik na Amerikaanse Ope-kwarteindronde

Tennis: Die wêreld se nommer-een-speler, Jannik Sinner van Italië, sit sy veldtog voort om sy eerste Amerikaanse Ope-titel in te palm wanneer hy vandag die Amerikaner Tommy Paul pak vir ‘n plek in die kwarteindronde. Sinner het hierdie seisoen die vierde ronde van elke Grand Slam-toernooi gehaal en sy eerste Grand Slam-titel, die Australiese Ope, ingepalm. Die enigste voormalige kampioen wat oorbly, Daniil Medvedev van Rusland, speel teen Nuno Borges van Portugal. In die vroueafdeling pak die wêreld-nommer-een, Iga Swiatek van Pole, vir Liudmila Samsonova van Rusland.