Sinner kry taai loting vir Amerikaanse Ope

Tennis: Die wêreld-nommer-een en topgekeurde, Jannik Sinner, het ‘n taai loting vir die Amerikaanse Ope wat Maandag in New York begin. Die Italianer kom dalk in die vierde ronde teen die 14de-gekeurde Amerikaner Tommy Paul te staan, in die kwarteindronde teen 2021 se kampioen, Daniil Medvedev van Rusland, in die halfeindronde teen die derde-gekeurde Spanjaard Carlos Alcaraz, en in die eindstryd teen die verdedigende kampioen, Novak Djokovic van Serwië. Sinner is ook gekritiseer na die onthulling dat hy onskuldig bevind is nadat hy in Maart twee keer positief getoets het vir opkikkers.