Sinner klim ranglys na oorwinning in Beijing

Die Italianer Jannik Sinner het sy posisie op die wêreld-ranglys na die beste van sy loopbaan verbeter nadat hy die Rus, Daniil Medvedev, verslaan het om die Chinese Ope in Beijing te wen. Sinner, wat sesde gekeur was, het die tweede gekeurde in skoon stelle afgeransel nadat hy die topgekeurde, Carlos Alcaraz van Spanje, in die halfeindronde verslaan het. Dis die Italianer se eerste sege oor Medvedev nadat hy ses keer tevore teen hom verloor het. Hy is nou vierde op die wêreldranglys na Novak Djokovic van Serwië, Alcaraz en Medvedev.