Singapoer wil ook nie gasheer wees vir Statebondspele

Statebondspele: Singapoer het by Maleisië aangesluit om nie die 2026 Statebondspele aan te bied nie, wat die toekoms van die multisportbyeenkoms verder in twyfel trek. Die Statebondspele-federasie het geskarrel om ‘n nuwe gasheer te vind nadat die Australiese deelstaat Victoria verlede jaar onttrek het weens die koste. Maleisië het na vore getree as ‘n moontlike plaasvervanger, maar het die geleentheid ook weens koste van die hand gewys. Singapoer het geen rede vir sy besluit gegee nie. Die Spele is laas in 2022 deur die stad Birmingham in Engeland aangebied.