Singapoer: Verstappen sê dis nog nie verby nie
Die Red Bull-span is vir die eerste keer in twee en ‘n half jaar nie die voorlopers in die vervaardigerskampioenskap nie, wanneer hulle die naweek aan die Singapoer Grand Prix gaan deelneem. Maar die driemalige wêreldkamioen, Max Verstappen, sê die stryd is nog nie verby nie. McLaren is nou die voorlopers met 20 punte, terwyl Verstappen se voorsprong in die renjaerkampioenskap-afdeling tot 59 punte gekrimp het. Die Nederlander het sewe van die eerste tien wedrenne die seisoen ingepalm, maar kon nie die laaste sewe wen nie, met McLaren, Ferrari en Mercedes wat wedrenne gewen het.