Singapoer en Zurich duurste stede ter wêreld

Singapoer en Zürich is vanjaar gelykop vir die wêreld se duurste stad, gevolg deur Genève, New York en Hongkong. Dit is volgens die jaarlikse verslag van die Economist Intelligence Unit. Die eenheid sê verder lewenskostes bly hoog met pryse wat gemiddeld met 7,4 persent op ‘n jaargrondslag gestyg het in terme van plaaslike geldeenhede vir meer as 200 algemeen gebruikte goedere en dienste. Singapoer het vir die negende keer die afgelope 11 jaar die top van die ranglys behaal. Windhoek het nie die lys gehaal nie en is nie deel van die eenheid se peiling nie.