Sinagoge-skieter kry die doodstraf
‘n Amerikaanse federale jurie het die man wat in Junie 2018, 11 mense doodgeskiet en ses ander by ‘n sinagoge in Pittsburgh beseer het, die doodstraf opgelê. Robert Bowers is skuldig bevind op al 63 aanklagte wat verband hou met die aanval op die Tree of Life-sinagoge, wat die ergste anti-Semitiese aanval in Amerika se geskiedenis was. Aanklaers het tydens die verhoor aangevoer Bowers het die moorde gepleeg uit haat teenoor Joodse mense. Sy verdediging het sy moeilike kinderjare en geestesprobleme beklemtoon. ‘n Regter sal na verwagting vandag die vonnis amptelik bekragtig.