Simposium belig ekonomiese voordele van biodiversiteit

Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied ‘n simposium aan getitel “Die Begrip van Landskapvlak Biodiversiteit en Verwante Ekonomie” by die NUST Hotelskool in Windhoek. Aanbiedings sal deur meesters- en doktorsgraad-studente gedoen word. Yanna Smith van Kosmos 94.1, wat vir haar doktorsgraad studeer, sal een van die aanbiedings behartig. Die geleentheid vind plaas in samewerking met die omgewing-ministerie, die Duitse Samewerking-organisasie, GIZ en Unu-Flores. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by NUST, gepraat wat sê hulle poog om diversiteit oor nasionale parke uit te lig en watter ekonomiese geleenthede dit vir plaaslike gemeenskappe inhou.