Simone Biles mik na nog ‘n titel
Olimpiese Spele: Simone Biles wil nog ‘n hoofstuk in haar geskiedkundige Olimpiese verhaal skryf deur vandag die algehele gimnastiektitel in te palm. Die Amerikaanse ster is terug in die kalklig nadat sy met die vorige Spele in Tokio onttrek het, en poog om die eerste vrou nog te word wat die algehele titel terugwen. Die 27-jarige het Dinsdag weer die boonste plek op die podium ingeneem met span-goud, haar agste Olimpiese medalje, waarvan vyf goues is, en het daarmee die mees bekroonde Amerikaanse Olimpiese gimnas ooit geword.