Simone Biles keer terug na kompetisies

Die viermalige Olimpiese gouemedalje-wenner Simone Biles is gereed om by die US Classic in Augustus weer aan kompetisies te begin deelneem. Die 26-jarige gimnas het in die 2020 Olimpiese Spele in Tokio aan vyf van haar ses eindrondes onttrek weens kommer oor haar geestesgesondheid en veiligheid. Biles het oor die jare openlik gepraat oor die spandokter, Larry Nassar, wat haar misbruik het. Hy is dien tans ‘n lewenslange vonnis agter tralies uit. Die US Classic is ‘n opwarmingsgeleentheid vir die nasionale kampioenskap.