SIM-kaartregistrasie en die ekonomie – navorsing word gedoen
High Economic Intelligence, in samewerking met Bank Windhoek, doen ‘n omvattende peiling oor die implikasies van SIM-kaartregistrasies op die Namibiese ekonomie. Dit het ten doel om te verstaan hoe die implementering van die regulasie deur die algemene publiek beskou word. Kosmos 94.1 Nuus het met Monika Kristof, senior ekonoom by die makelaarsfirma gesels.