SIM-kaarte: SPYL vra desentralisering van registrasie-punte

Die Swapo-jeugliga het sy lof uitgespreek teenoor die inligtingsminister Peya Mushelenga vir die verlenging van die sperdatum vir SIM-registrasies tot 31 Maart volgende jaar. Die liga sê hy het reeds op 14 Desember, deur middel van ‘n brief, ‘n beroep op die minister gedoen om die 31 Desember-sperdatum uit te stel. Die land het nie veel tyd nie omdat die bepaling, ingevolge maatreëls van die Finansiële Aksie-taakmag, dringed nagekom moet word. Die liga doen verder ‘n beroep op telekommunikasie maatskappye om registrasie-dienste dringend te desentraliseer, veral na landelike gebiede. Talle ouer mense en landelike inwoners maak staat op selfoonbetalings van familielede wat in stedelike gebiede werk om te oorleef. Teen 27 Desember was 62,5 persent van SIM-kaarte geregistreer.