SIM-kaarte: Jy sal moet registreer, al was daar ‘n fout
Op 31 Maart het Namibië ‘n totaal van 2 387 330 aktiewe SIM-kaarte gehad, met 1 868 412 wat suksesvol geregistreer is, wat ‘n registrasiekoers van 78,26 persent verteenwoordig. MTC het sowat 323 000 intekenare gedeaktiveer en Telecom Namibia, TN, het 191 000 ongeregistreerde voorafbetaalde SIM-kaarte gedeaktiveer. Kosmos 94.1 Nuus het met Erasmus Nekundi, openbare betrekkingebeampte van MTC, gepraat oor klagtes dat sommige kliënte wat hul kaart geregistreer het, se kaarte opgeskort is. Nekundi sê kliënte moet herregistreer en die aktivering sal binne ‘n uur of twee plaasvind.