SIM-kaart debakel… waar’s die data heen as kaarte nie geregistreer is nie?

Die insamel van biometriese data deur telekommunikasiemaatskappye met die registrasie van SIM-kaarte, het geen wettige basis gehad nie maar die maatskappye het voet by stuk gehou dat dit ingesamel sal word. Nou het dit aan die lig gekom dat duisende SIM-kaarte, wat geregistreer is, toe nie so deurgevoer is nie. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, vra wat het dan van die biometriese data van die SIM-eienaar geword.