Silicon Valley Bank: US$175 miljard onverseker

Silicon Vally Bank, ‘n Kaliforniese bank wat op nuutgestigde besighede in die tegnologiesektor fokus, het die grootste bankmislukking geword sedert die finansiële krisis van 2008. Die skielike ineenstorting van die bank het wêreldmarkte in die wiele gery het en miljarde Amerikaanse dollar wat aan maatskappye en beleggers behoort, gestrand gelaat. Kalifornië se bankreguleerders het die bank gesluit en die Federal Deposit Insurance Corporation as opsigter aangestel. Volgens dié korporasie sal die hoofkantoor en alle takke van die bank Maandag heropen en alle versekerde deposante sal nie later nie as Maandagoggend volle toegang tot hul versekerde deposito’s hê. Maar 89 persent van die bank se deposito’s van 175 miljard Amerikaanse dollar was aan die einde van 2022 onverseker, en hul lot moet nog bepaal word.