Sierra Leone ontbied oudpresident na poging tot staatsgreep

Die Sierra Leone-polisie het oudpresident Ernest Bai Koroma ontbied as deel van hul ondersoek na ‘n mislukte staatsgreeppoging op 26 November, het Chernor Bah, minister van inligting, gesê. Hy is 24 uur gegee om in Freetown aan te meld. Volgens Koroma is hy gereed om die ondersoek by te staan en sê hy het niks om weg te steek nie. Die poging op 26 November het die land geruk met verskeie militêre instellings wat aangeval is. Dit is vinnig onder beheer gebring en ‘n aandklokreël is ingestel