Sierra Leone kondig noodtoestand oor dwelms af

Sierra Leone se president Julius Maada Bio het ‘n nasionale noodtoestand op dwelmmisbruik verklaar na aanleiding van ‘n beroep op sy regering om die toenemende gebruik van ‘n goedkoop en soms dodelike sintetiese dwelm bekend as kush aan te spreek. Die hoogs verslawende mengsel van dagga en pynstillers het honderde sterftes veroorsaak en talle gebruikers psigiatries beskadig sedert dit ongeveer vier jaar gelede vir die eerste keer in Sierra Leone verskyn het. ‘n Nasionale taakspan oor dwelmmisbruik sal saamgestel word om ‘n vyf-stap strategie te implementeer.