Sibbe in Phala-Phala saak kry borgtog

Die landdroshof in Bela Bela in Limpopo het die Namibiese sibbe in die Phala Phala-diefstalsaak borgtog toegestaan. Froliana Joseph en haar broer, Ndilinasho David Joseph, staan tereg op aanklagte van diefstal, huisbraak, geldwassery en sameswering om ‘n rooftog te pleeg op president Cyril Ramaphosa se plaas in 2020. Froliana het borgtog van 5 000 Suid-Afrikaanse rand gekry en haar broer 10 000 rand. Die saak is tot 6 Desember uitgestel vir verdere ondersoeke en vir hul mede-beskuldigde, Imanuwela David, om sy formele borgtogaansoek in te dien. Landdros Predeshni Poonan het Froliana se borgvoorwaardes neergelê.