ShutItAllDownNamibia gaan as party registreer

In die afgelope drie jaar het die #ShutItAllDownNamibia-beweging enorme vordering gemaak om te verseker dat vroue, die LGBT en gemarginaliseerde groepe se stemme gehoor en verdedig word. Die beweging se stigting is aangevuur deur die dood van Shannon Wasserfall, wat landwye betogings ontketen het wat deur duisende jeugdiges bygewoon is. Die beweging gaan as ‘n party registreer om aan die 2024 Nasionale Verkiesing deel te neem. Kosmos 94.1 Nuus het met die menseregte-aktivis en een van die stigters van die beweging, Ndiilo Nthengwe, gepraat oor die belangrikheid van die party.