Shogun wen groot by Emmy-toekennings

Die samurai-reeks, Shogun, wat in Japan afspeel en The Bear was die groot wenner by die 76ste Emmy-toekennings in Los Angeles. The Bear het vyf toekennings gebuit, insluitend dié van Jeremy Allen White as Beste Akteur in ʼn Komediereeks. Shogun spog met vier toekennings en is die eerste reeks wat nie in Engels is nie, wat as Beste Drama aangewys word. Hy ontvang ook toekennings vir hoofakteur, -aktrise en regisseur. Netflix se Baby Reindeer het ook vier toekennings ontvang wat dié vir beste beperkte of antologiereeks insluit. The Daily Show is aangewys as beste geselsprogramreeks.