Shimuafeni verduidelik sensus-uitdagings

Die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap Alex Shimuafeni het vanoggend ‘n opdatering oor die sensus, wat einde September begin het en wat op 3 November moes klaarmaak maar weens vertraging gaan dit op 5 November voltooi wees. Shimuafeni het die uitdagings, en ook die klagte dat van die veldwerkers nog nie betaal is nie so verduidelik.

Shimuafeni het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar ongeveer 2 000 gevalle van wanprestasie of ander uitdagings uit die totaal van 13 000 veldwerkers is.