Shikongo weier ‘Caprivi-party’ toestemming vir byeenkoms
Plaaslike media berig dat die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo die United Democratic Party in die Zambezi-streek toestemming geweier het om ‘n saamtrek op 14 Mei te hou. Die party is in 1985 deur Mishake Muyongo, wat in bannelingskap in Denemarke is, gestig. Die weiering kom na vyf lede van die party in hegtenis geneem is na hulle blykbaar ‘n onwettige byeenkoms gehou het. Die party, wat na die streek as Caprivi verwys, wil onafhanklikheid van Namibië hê. Shikongo sê die party se ideologie, die van onafhanklikheid, is teenstrydig met die Namibiese Grondwet en die identifikasie van die land se grense.