Shikongo voer patrollies uit teen Angolese grens

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Joseph Shikongo, het besoek afgelê in die Ohangwena-streek en ‘n patrollie langs die Namibië-Angola-grens gehou het om die gemeenskap in te lig oor smokkelhandel en misdaadvoorkoming langs die grenslyn. Shikongo het ook Angolese burgers  wat goedere by die Katwitwi-nedersetting verkoop en diegene wat smokkelbrandstof in Namibië verkoop ontmoet en hulle ingelig oor Namibiese wette en regulasies. Die mag het groot uitdagings teen die grens met Angola omdat dit so poreus is.