Shikongo v Amushelelo: Aansoek vir bemiddeling

Die partye in die skadevergoedingsaak wat die polisiehoof Joseph Shikongo teen Michael Amushelelo gebring het, vra vanoggend vir regter Collins Parker dat die saak vir bemiddeling gestuur word. Shikongo dagvaar vir 1 miljoen Namibiese dollar vir laster na uitsprake oor hom na die noodlottige ongeluk waarin Shikongo in Desember 2022 betrokke was en waarin drie mense dood is. Shikongo het op 5 Junie reeds ‘n interdik teen Amushelelo bekom. Die partye het ook ooreengekom om steeds stukke volgens ‘n skedule by die regter in te dien, terwyl bemiddeling gepoog word.