Shikongo sê veediefstalsake moet vinniger afgehandel word
NamPol-inspekteur-generaal, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het ‘n beroep op die polisie se veediefstal-onderafdeling en streeksaanklaers gedoen om die afhandeling van veediefstalsake te bespoedig. Hy sê hulle moet meer gekoördineerd saamwerk en dat daar gevalle is waar vee al vir jare geskut word. Dit beroof die diere se eienaars van hul lewensbestaan, en eienaars moet ook op hoogte gehou word van die sake se vordering. Shikongo het gepraat by die hernoeming van die Luitenant-Generaal Raonga Jesaja Andima-polisieplaas in die Omaheke-streek, voorheen bekend as Uichenas.