Shikongo praat oor toenemende misdaad, uitreike word gehou

Die hoofstad het nog ‘n rooftog helder oordag beleef, toe die eienaar van ‘n kleremaak-winkel deur gewapende rowers aangeval is. Dit het tot ‘n skietery in Onafhanklikheidsrylaan tussen die rowers en polisie gelei. Een van die rowers is doodgeskiet en die ander een in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met luitenant-generaal Joseph Shikongo oor wat die polisie doen aan die toenemende aantal misdade asook voorkomingsmaatreëls. Shikongo sê hulle beplan ‘n vergadering in die Khomas-streek om die kwessies met gemeenskappe te bespreek.